Heilige Romeinse Ryk

Sacrum Romanum Imperium (la)
Heiliges Römisches Reich (de)
Sacro Romano Impero (it)
Svatá říše Římská (cs)
Sveto rimsko cesarstvo (sl)

Heilige Romeinse Ryk
962 – 1806
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: (geen amptelike)
Gott erhalte Franz den Kaiser
(Keiserlike volkslied van 1797)
(Duits vir: "God bewaar Keiser Frans")
Ligging of Heilige Romeinse Ryk
Ligging of Heilige Romeinse Ryk
Die strekking van die Heilige Romeinse Ryk in ongeveer 1600, oorgelê op die moderne Europese staatsgrense
Hoofstad Geen, setel van die Reichstag Regensburg (1594–1806)
Taal/Tale Latyn, Duits, Italiaans, Tsjeggies, Nederlands, Frans, en verskeie ander
Godsdiens Rooms-Katolieke Kerk, Protestantisme, Calvinisme
Regering Monargie
Keiser
 - 9621002 Otto I, II en III
 - 1014–1125 Hendrik II, Conrad II, Hendrik III, IV en V
 - 1133–1313 Lothar III, Frederik I, Hendrik VI, Otto IV, Frederik II, Hendrik VII
 - 1328–1519 Lodewyk IV, Karel IV, Sigismund, Frederik III, Maximiliaan I
 - 1530–1576 Karel V, Ferdinand I, Maximiliaan II
 - 1576–1657 Rudolf II, Matthias, Ferdinand II en III
 - 1658–1745 Leopold I, Josef I, Karel VI en VII
 - 1745–1806 Frans I, Josef II, Leopold II, Frans II
Wetgewer Reichstag
Historiese tydperk Middeleeue
 - Otto I gekroon as Keiser van Italië 2 Februarie 962
 - Konrad II neem die kroon van Boergondië aan 2 Februarie 1033
 - Vrede van Augsburg 25 September 1555
 - Vrede van Wesfale 24 Oktober 1648
 - Abdikasie van Frans II 6 Augustus 1806
 - Rynbond gevorm 12 Julie 1806
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Middel-Francia
Oos-Francia
Switserland
Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
Rynbond
Keiserryk Oostenryk
Eerste Franse Ryk
Staatskundige geskiedenis
van die Nederlande
Noordelike Nederlande Suidelike Nederlande Heilige Romeinse Ryk &
Duitse Bond
Goue van Oos-Francië Goue van Wes-Francië Goue van Oos-Francië

Gelre

Utrecht

Friesland

Groningen

Ommelanden

Vlaandere

Brabant

Heneg.-Holland

(e.a.)

Luik

Loon

Stavelot-Malmedy

Ravenstein

Horn

Thorn

Bouillon

Gronsveld

(e.a.)

1384
Boergondiese Nederlande
1482
Habsburgse Nederlande
1543
Sewentien Provinsies
(vanaf 1566 in opstand)
1588
Republiek
die Sewe Verenigde Nederlande
1585
Spaanse Nederlande
1713
Oostenrykse Nederlande
1795
Bataafse Republiek
1794
Eerste Franse Republiek
1806
Koninkryk Holland
1810 1804
Eerste Franse Keiserryk
1813
Vorstendom die Nederlande
1814
Generaal-
Goewernement
1815
Verenigde Koninkryk
die Nederlande
1815
Groothertogdom Luxemburg

1830
Koninkryk die Nederlande


1830
Koninkryk België


1848 & 1867
Groothertogdom Luxemburg

Die Heilige Romeinse Ryk was die magsgebied van die Romeins-Duitse keisers van die Middeleeue tot 1806.

Ná die afsterwe van Lodewyk die Vrome is die Frankiese Ryk in drie dele verdeel:

  • die Wes-Frankiese Ryk, die historiese voorloper van die huidige Frankryk,
  • Lotaringe, 'n koninryk, wat van die Noordsee tot by Rome gestrek, maar uiteindelik verdwyn het, en
  • die Oos-Frankiese Ryk, net soos Lotaringe 'n uitgestrekte ryk in die hart van Europa.

Die Heilige Romeinse Ryk is vanaf die 10de eeu onder die heerskappy van die Ottone-dinastie uit die voormalige Karolingiese Oos-Frankiese Ryk gevorm. Die Oos-Frankiese koning het na homself as die rex Francorum orientalium verwys – "koning van die Oos-Franke" – en was in feite die heerser oor 'n ryk met 'n verskeidenheid opstandige stamme.

Die term Romanum Imperium (Latyns "Romeinse Ryk") was eers vanaf 1034 gebruiklik, Sacrum Imperium ("Heilige Ryk") vanaf 1157, terwyl die titel Sacrum Romanum Imperium vir die eerste keer in 1254 in 'n historiese dokument gebruik is.

Vanaf die 15de eeu is ook die bynaam "van die Duitse Nasie" (Nationis Germaniae) gebruik om spesifiek na die Duitssprekende gebiede van die ryk te verwys, en die bewoners het geleidelik 'n soort kulturele gemeenskapsgevoel ontwikkel. Die term "Duitse Nasie" verwys daarnaas ook na die Duitse herkoms en moedertaal van alle Romeinse keisers vanaf 962 (toe Otto I die kroon van die ryk verwerf het) tot die einde van die Heilige Romeinse Ryk in 1806. Geskiedkundiges verwys na die Heilige Romeinse Ryk soms ook as die Ou Ryk, ter onderskeiding van die Duitse Ryk, wat in 1871 gestig is.

Vanweë sy supranasionale karakter het die ryk nooit tot 'n nasionale staat in die moderne sin ontwikkel nie, maar het dit steeds 'n soort monargiese raamwerk vir die groot aantal onafhanklike Duitse state gebly. Behalwe vir die keiser en die ryksstande was daar ook min gemeenskaplike instellings.

Danksy sy swak strukture was die Heilige Romeinse Ryk ná die Middeleeue ook nie meer in staat om 'n oorlog te voer of sy magsgebied uit te brei nie. Die ryk se bevoegdhede was in die algemeen beperk tot gebiede soos die regssekerheid en die bewaring van vrede. Die ryk het sorg gedra vir politieke stabiliteit en die vreedsame beslegting van konflikte deur die magsdinamiek binne perke te hou: dit het die onderdane beskerm teen willekeurige magsmisbruik van plaaslike heersers en kleiner ryksstande teen regsverkragting deur die magtige ryksstande en die keiser.

Ná die Vredesluiting van Münster (Wesfalen) in 1648 was ook die buurlande as ryksstande 'n deel van die bedeling. Die Heilige Romeinse Ryk het sodoende ook 'n rol gespeel by die bewaring van vrede binne die Europese konstellasie van state.

Sedert die middel van die 18de eeu was die ryk nogtans te swak om sy deelstate teen die magsuitbreiding van interne en eksterne magte te beskerm. Sy politieke onmag was uiteindelik ook een van die redes vir sy agteruitgang. Napoléon Bonaparte se verowerings en die stigting van die Rynbond het die ryk byna heeltemal verlam. Nadat keiser Frans II op 6 Augustus 1806 afstand van die rykskroon gedoen het, is die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie uiteindelik ontbind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search